Judaskus - Softcover

Rensburg, Rudie Van

 
9780795801570: Judaskus

Inhaltsangabe

Beendere word gevind op 'n stortingsterrein, en skielik moet speurder Kassie Kasselman nuut dink oor ou moordsake. Gou begin die moorde vinnig opmekaar kom, en tussendeur die nuwe buurvrou wat Kassie se kop aan't swymel het, én sy enorme posseël-meevaller weens nog 'n moord, moet hy uitwerk waarom 'n geheimsinnige bende skynbaar besig is om sigself uit te roei. Elke warm leidraad lewer 'n koue lyk op, en Kassie kan nie voorbly nie . . .

Die Inhaltsangabe kann sich auf eine andere Ausgabe dieses Titels beziehen.

Über die Autorin bzw. den Autor

Rudie van Rensburg is in 1951 in Bloemfontein gebore. Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad, waarna hy in 1982 medestigter en uitgewer van Bloemnuus word, en later redakteur van Die Ekonoom-saketydskrif. In 1987 verhuis hy Kaap toe en sluit hom by Sanlam se reklame-afdeling aan. In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg). Die stuk verskyn in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn 'n self-publikasie vir kleuters, Die Doempies van Tafelberg. Rudie skilder reeds die afgelope 25 jaar en van sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje en Australië. Hy is getroud met Lize en het drie kinders. Judaskus is sy derde roman, ná Slagyster en Kopskoot.

„Über diesen Titel“ kann sich auf eine andere Ausgabe dieses Titels beziehen.

Weitere beliebte Ausgaben desselben Titels

9780795800924: Judaskus

Vorgestellte Ausgabe

ISBN 10:  0795800924 ISBN 13:  9780795800924
Verlag: Queillerie Publishers (Pty) Ltd, 2015
Softcover